Exodus 34:6
‘…Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;’
– Die Here is barmhartig en genadig en bewys genade aan ons selfs wanneer ons misluk.
– Die Here is geduldig en barmhartig en Hy gee ons tyd om alles reg te stel.
– Daar is geen einde aan Sy liefde en toewyding waarmee Hy ons omring nie.
– Jy kan in elke situasie op die Here vertrou, want Hy is getrou.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat in U natuur daar liefde en barmhartigheid teenoor my is. Dank U vir U geduld met my en vir U groot oorvloedige liefde wat my dra en onderhou. Amen.