Johannes 7:38
‘Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.’
– Die bron van lewe wat jy nodig het, kom van jou vertroue in God.
– Om jou hart en lewe vir Hom oop te maak, bring lewe, hoop en krag.
– Sy ‘lewende water’ kan elke aspek van jou lewe transformeer.
– Glo dus en hê geloof en vertroue in die Here jou God.
Gebed: Vader, ek glo in U, my Here en my God. Mag U riviere van lewende water deur my lewe vloei terwyl dit nuwe lewe, nuwe hoop en nuwe krag bring waar ek die toekoms aandurf. Amen.