Psalm 142:3 AfrCAB23
‘Toe my gees in my oorweldig was, toe het U my pad geken. ’
– Die laste van die lewe kan soms oorweldigend wees.
– Maar niemand ken jou en jou situasie soos die Here nie.
– Ons kan altyd die Here aanroep, wanneer ons nie weet wat om te doen nie.
– Hy ken die beste oplossing en Hy sal jou die pad wys.
Gebed: Vader, mag ek nooit vergeet dat U my ken en dat U vir my sorg nie. U weet presies na watter kant toe ek moet draai. Ek kies om U aan te roep en die pad te volg wat U vir my het. Amen.