Psalm 121:8
‘Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.’
– God stel belang in ons kom en gaan in die lewe.
– Waar jy kom en gaan in die volgende paar dae, weet dat God met jou is.
– Hy sal jou bewaar, beskerm en veilig vashou terwyl jy die probleme van die lewe trotseer.
– Sy hulp kom en gaan nie, maar dit omring jou vandag en altyd.
Gebed: Vader, U weet wat ek hierdie week moet uitvoer en bereik. U weet waarheen ek sal gaan en wat ek sal moet trotseer, en in dit alles het U my lief en sorg vir my. Ek sal dus op U vertrou en ek sal nie vrees nie. Amen.