Psalm 63:2
‘o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.’
– Ons allergrootste behoefte is nie vir fisiese dinge nie maar vir God self.
– Dit is in God wat ons ons allergrootste verlange bevredig sal vind.
– Daar is niks en niemand wat met Hom vergelyk kan word nie.
– Die wete dat Hy met jou is, maak die ruwe dele gelyk.
Gebed: Vader, U is my God en ek smag daarna om meer van U teenwoordigheid in my lewe te ervaar en te geniet. Help my om meer bewus te word van U as van enige moeilikheid of uitdaging wat ek moet hanteer. Mag ek altyd onthou wat U reeds gedoen het en hoe getrou U is. Amen.