Exodus 33:2
‘en Ek sal ‘n engel voor jou uit stuur — en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe.’
– Die Here sal voor jou uit gaan.
– Hy sal die struikelblokke verwyder wat jy nie self kan verwyder nie.
– Hy maak ‘n pad waar daar skynbaar geen pad is nie.
– Hy werk dinge ten goede vir jou uit, jy kan dus in geloof vorentoe tree.
Gebed: Vader, dankie dat U alles in my lewe, of op my pad, wil uitdryf wat my sal keer om te ervaar dit wat U vir my in voorraad het. U berei dinge vir my voor en geen vyand of vesting kan U krag en belofte ewenaar nie. Amen.