Nehemïa 2:18
‘En hulle sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk.’
– Met God in ons lewens is daar die moontlikheid van die ondenkbare.
– Hy kan dit wat stukkend en verwoes is, neem en dit weer lewend maak.
– Moenie opgee nie, begin liewer herbou, die eindresultaat sal jou verras.
– Jy weet nooit hoe dinge kan wees as jy nooit begin nie.
Gebed: Vader, dank U dat U my die moed en die krag gee om uit te tree en te begin herbou. U kan herstel wat gebreek en beskadig is en dit is so ‘n vreugde om weer te kan begin. Amen.