Jesaja 59:1
‘KYK, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te swaar om te hoor nie;’
– God kan jou red, ongeag hoe hopeloos die situasie mag lyk.
– Hy hoor jou gebede en Hy hoor wanneer jy Hom om hulp aanroep.
– Hy is gereed om jou op te lig en om jou voete op vaste grond te plaas.
– Hy is getrou en Hy sal jou red, herstel en vir jou voorsien.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U magtige arm my kan ophef en my kan red. Dankie dat U my hart se geroep ken en my gebede hoor – U sal my red. Amen.