Psalm 37:4
‘en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.’
– Ons is bevoorreg om ons vreugde en bevrediging in God te vind.
– Ons fokus dikwels op ander dinge vir ons bevrediging terwyl Hy die Bron is.
– Hy ken die diepste begeertes van jou hart.
– Terwyl jou fokus op Hom bly wil Hy vir jou daardie begeertes gee.
Gebed: Vader, dankie dat ek hierdie oomblik kan neem om te verklaar dat U my vreugde is, dat U my hoop en redding is, en dat U ‘n wonderwerk in my lewe sal verrig. Ek kies om op U te fokus en myself in U te verlustig. Amen.