Matthéüs 6:34
‘Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel.’
– Te veel tyd word spandeer om oor te veel bekommerd te wees.
– Ons moet onsself daaraan herinner dat niks vir God te moeilik is nie.
– Dit is Hy wat voor en agter jou gaan.
– Hy kan sien wat jy nie kan sien nie en daarom kan jy op Hom vertrou.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my is en dat U my met U vlerke van beskerming bedek. Dinge lyk dalk nou moeilik, maar ek weet dat U alles uiteindelik sal uitwerk. Daarom sal ek op U staatmaak en volkome op U vertrou. Amen.