Psalm 121:7
‘Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.’
– Die Here is jou Bewaarder en in Sy hande hou Hy jou veilig.
– Hy sal jou van alle boosheid bewaar en Hy sal jou siel bewaar.
– Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie saans nie.
– Hy is jou Helper en die hulp wat jy nodig het, kom van die Here.
Gebed: Vader, vandag hef ek my oë op bo die probleme rondom my, om op U te fokus, my Here en my God. Dit is U wat my siel bewaar en beskerm en wat my lewe bewaak. Amen.