Jesaja 55:8
‘Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die Here.’
– Die Here ken jou gedagtes en verstaan hoe jy dinge doen.
– Niemand weet van party van die gedagtes wat ons in ons harte dra nie.
– Die Here ken hierdie gedagtes en die stories wat ons nie met ander deel nie.
– Hy bied ons ‘n beter weg; Sy gedagtes en Sy weë vir ons lewens.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U alles van my af weet. U ken my gedagtes en my weë en U maak die geleentheid oop vir ‘n ander dimensie van U gedagtes en weë. Ek kies U gedagtes en weë bo my gedagtes en weë. Amen.