Genesis 45:27
‘Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.’
– Die Here wil in jou lewe intree en jou hart en jou siel laat herlewe.
– Hy kan koue harde harte neem en dit in harte van vlees verander.
– Hy wil hê dat Sy goedheid jou siel moet herstel.
– Mag HY nuwe lewe in jou inblaas en jou gees nou dadelik laat herlewe.
Gebed: Vader, kom wonderbare Gees van God en bring nuwe lewe en nuwe hoop vandag in my hart. Mag my hart herlewe terwyl U vir my ‘n pad maak. Vul my met hoop en vertroue en mag my gees vandag herleef. Amen.