Matthéüs 6:33
‘Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.’
– Dit is tyd om God en Sy weë in alle aspekte van ons lewens te prioritiseer.
– Wanneer ons Hom eerste stel, maak dit ons gereed vir sukses en seën.
– Wanneer ons dit doen, belowe Hy Sy voorsiening in ons lewens.
– Kom ons verander ons perspektief en stel God eerste – dit sal die moeite werd wees!
Gebed: Vader, waar ek my doelwitte en voornemens stel vir die jaar wat vir my voorlê, kies ek om U eerste te stel. Help my om ‘n lewe te lei wat U eer en behaag. Dankie dat U my Voorsiener is en dat ek U met my toekoms kan vertrou. Amen.