Filippense 3:10
‘sodat ek Hom kan ken en die krag van Sy opstanding…’
– Ons doel as kinders van God is om Hom waarlik te ken en lief te hê.
– Ons lewens word dikwels met ander passies en begeertes verteer.
– Om Hom te ken is om Hom en Sy transformerende krag in ons lewens te ondervind.
– Streef na ‘n dieper verhouding met Hom en laat Sy krag deur jou vloei.
Gebed: Vader, elke dag van my lewe verlang ek om U duideliker te ken, ek verlang om U liewer te hê, en ek kies om U nouer te volg. Dit is die drie dinge waarvoor ek bid. Amen.