Jeremia 1:9
‘Toe het die Here Sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die Here het vir my gesê: Hiermee lê Ek My woorde in jou mond.’
– Die Here sal jou toerus vir elke situasie wat jy moet hanteer.
– Hy sal vir jou die regte woorde gee om op die regte tyd te spreek.
– Wanneer ons Sy wysheid (woorde) spreek, dra dit goddelike gesag.
– Sy aanraking verander ons lewens van gewoon na buitengewoon.
Gebed: Vader, raak my lewe met U sterkte en U krag aan. Help my om nie onder my eie wysheid te werk nie, maar mag ek onder U salwing en guns funksioneer. Mag elke woord wat ek spreek, lewe en hoop vir almal om my bring. Amen.