Psalm 121:5
‘Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.’
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here persoonlik in ons belangstel.
– Hy het self Sy oog op jou en Hy waak oor jou.
– Hy doen dit omdat Hy jou liefhet en vir jou omgee,
– Hy weet waardeur jy gaan en Hy is nou met jou.
Gebed: Vader, dankie dat U my beskerm soos skaduwee my teen die son beskerm. U lig U beskermende arm op en U keer dat skadelike dinge teen my kom. Dankie dat U na my omsien. Amen.