Genesis 28:15a
‘En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, …’
– Die Here wil hê jy moet weet dat Hy met jou is.
– Hy waak oor jou en Hy sal met jou wees ongeag waar jy gaan.
– Sy aanwesigheid sluit Sy beskerming en leiding in, langs jou lewenspad.
– Kyk, besef en neem kennis van die feit dat Hy op die oomblik met jou is.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my is. Terwyl ek hier sit, mag ek besef dat ek nie alleen is nie, want U is met my om elke dag vir my te beskerm, te lei en te voorsien. Amen.