Psalm 65:11-12 (AFRNLV)
‘U maak die ploegvore vol water en die kluite nat, …,U laat alles welig groei. U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!’
– Aan die begin van die nuwe jaar, kan jy op God se goedheid vertrou om jou te dra.
– Verwag en glo vir Sy voorsiening en seën vir hierdie jaar.
– Selfs wanneer jy uitdagings moet trotseer, is Hy getrou en kan dinge vir jou omdraai.
– Neem dus hierdie belofte en kleim dit vir jouself en vra Hom om dit vir jou te doen.
Gebed: Vader, aan die begin van hierdie jaar wil ek vra dat U die jaar wat vir my voorlê sal seën. Ek bid dat U my jaar met U goedheid sal kroon en ek bid dat U in situasies waar dit lyk of daar geen manier is nie, ‘n weg sal maak. Amen.