2 Kronieke 15:7
‘Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.’
– Uitdagings sal kom, maar jy word aangemoedig om sterk te wees.
– Ons moet ‘n ‘nooit opgee’ houding hê.
– Uiteindelik sorg God dat wat moet gebeur, sal gebeur.
– Wees sterk en vol moed, die Here gaan alles laat uitwerk.
Gebed: Vader, dankie vir die krag wat U my gee al voel ek lus om op te gee. Help my om nooit die feit uit die oog te verloor dat U met my is en dat U alles ten goede vir my sal laat uitwerk. Amen.