Psalm 30:6b
‘…saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.’
– Met God in ons lewens lê die beste altyd voor ons.
– Jou verhaal is nog nie verby nie – daar is meer om te kom.
– God sal alles omdraai van geween na vreugde.
– Sy guns is op jou en binnekort sal jy lag waar jy eens gehuil het.
Gebed: Vader, dank U vir die wonderlike manier waarop U my lewe kan betree en alles kan omdraai. U kan rou in dans verander, hartseer in vreugde en wanhoop in ‘n hart gevul met hoop en vertroue. Amen.