Psalm 71:1
‘BY U, o Here, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!’
– Jy het ‘n toevlugsoord en jou plek van veiligheid is slegs in God.
– Hy is jou veilige plek – die plek waarheen jy in elke situasie kan vlug.
– Terwyl ons op Hom vertrou, tree Hy in om ons teen skaamte en wanhoop te beskerm.
– Hy wil jou optel en Sy arms om jou vou.
Gebed: Vader, dankie dat ek in elke situasie en alle omstandighede U kan aanroep. U is my magtige Vesting en in U kan ek veiligheid, hoop en moed vind. Amen.