Psalm 71:7 Afr ABA
‘Daar is baie mense wat na my kyk, hulle sien dat dit U is wat my beskerm.’
– Jou lewe kan ‘n getuienis vir ander wees, dat God getrou is.
– Sy krag in ons lewens kan deur ander in die uitdagings van die lewe, gesien word.
– Moet dus nie op jou eie krag staatmaak nie maar laat Hom jou krag wees.
– Mag jou lewe van vertroue in God, ‘n voorbeeld vir almal rondom jou wees.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek op U kan vertrou. U is my toevlug en U gee my die krag en moed wat ek nodig het. Terwyl ek van U afhanklik is, mag ek ‘n voorbeeld stel sodat ander ook op U sal vertrou en op U sal staatmaak. Amen.