Jesaja 49:25
‘Waarlik, so sê die Here: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ék verlos.’
– God is jou verdediger.
– Hy veg namens jou.
– Hy kan elke mag oorwin wat jou probeer onderdruk.
– Hy kan jou en jou kinders herstel, verlos, vrylaat, seën en red.
Gebed: Vader, dankie dat ek op elke woord wat U vir my sê kan staatmaak. As U sê dat U my sal vrylaat, herstel, vir my sal veg en my red, dan is dit presies wat U vir my sal doen. Amen.