2 Korinthiërs 12:9
‘En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring.’
– Ons swakhede is geen uitdaging vir God se vermoë nie.
– Ons mag swak voel, maar met Sy genade is ons sterker as wat ons besef.
– Terwyl ons op die Here fokus, word ons swakheid onbeduidend.
– Vertrou op Hom en onthou dat Sy genade en krag joune is.
Gebed: Vader, mag ek nooit vergeet dat U genade en krag in my lewe groter is as enige swakheid of gebrek wat ek mag ondervind. Dit is U wat my bekwaam maak en omdat U met my is, kan ek U krag in my lewe ken. Amen.