Jesaja 41:13
‘Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.’
– Die Here jou God hou jou veilig vas.
– Hy het geen voorneme om jou te laat val of Sy greep op jou te laat vaar nie.
– Hy is met jou om jou te help – so moet dit nie alleen doen nie.
– Laat hierdie kennis groter wees as enige vrees of bekommernis wat jy mag koester.
Gebed: Vader, dankie dat U my Here en my God is. Ek het niks om te vrees nie, want U is met my en U hou my vas en ek is U kind. Amen.