Jeremia 1:5a
‘Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; ‘
– God se kennis van jou is groter as wat jy ooit kan dink.
– Niks omtrent jou lewe is ‘n ongeluk nie.
– Hy het jou geskep met ‘n plan en ‘n doel in gedagte.
– Hy het jou liefgehad van voor jy gebore is en Hy sal vir jou sorg.
Gebed: Vader, dankie vir U volmaakte liefde en kennis teenoor my. U het my geken voor enigiemand anders my ooit geken het en U verstaan my volkome. Mag ek nooit vergeet dat ek deur U geken, geliefd en uitverkies is nie. Amen.