Matthéüs 28:6
‘Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het.!’
– Die opstanding bewys dat Jesus oorwinning oor die dood en die graf behaal het.
– Wat finaal gelyk het, was nie die einde nie – God het ’n groter plan gehad.
– Sy opstanding bring vir ons nuwe lewe, hoop en ‘n vars begin.
– Omdat Hy leef, kan ons die toekoms met vertroue en vreugde tegemoet gaan.
Gebed: Vader, dankie dat Jesus leef en dat Sy oorwinning my oorwinning is. Vul my hart vandag met hoop. Help my om elke dag in die krag van Sy opstanding te wandel. Amen.