Psalm 102:14
‘Ú sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.’
– Dit is tyd dat jy meer van God se guns in jou lewe ervaar.
– Dink daaraan: Hy staan op om jou Sy medelye en guns te betoon.
– Mag daar ‘n verandering oor jou situasie in die hemele wees.
– Mag jy Sy medelye en guns in hierdie bestemde tyd geniet.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U, U medelye en guns aan almal wat U liefhet en op U vertrou, wil betoon. Sal U oor my situasie verrys en hierdie tyd ‘n keerpunt vir my maak. Amen.