Exodus 6:6
‘’en Ek sal julle as My volk aanneem en vir julle ‘n God wees. En julle sal erken dat Ek die Here julle God is….’
– Die Here wil met jou wandel en jou God wees.
– Hy bied jou ‘n verbondsverhouding met Homself.
– Hy verander ons status van verslaafde individue tot Sy eie mense.
– En dit verseker ons van Sy teenwoordigheid, leiding en beskerming.
Gebed: Vader, dankie dat U my gekies het om een van U eie te wees. Mag ek sonder enige twyfel weet dat U die Here my God is. Dankie dat U my God is en dat ek in U kan vertrou en rus. Amen.