Kolossense 3:15
‘En laat die vrede van Christus [die innerlike kalmte van iemand wat daagliks saam met Hom wandel] in julle harte heers [besluite neem en oplossing van vrae wat ontstaan].’
– God se vrede in ons harte is ‘n gawe wat Hy vir ons het.
– Soms beheer die kwessies van die lewe ons emosies en dryf ons vrese.
– God gee vir ons ‘n alternatief, Sy wysheid en Sy vrede om onsekerheid op te los.
– Terwyl jy met die Here wandel, laat Hom jou rig en lei en jou vrede gee.
Gebed: Vader, soms is ek nie seker wat om te doen nie, maar dankie dat ek tot U kan draai en U my sal lei en as gevolg hiervan kan ek U vrede ervaar. Ek kies om U vrede in my hart te laat heers! Amen.