Exodus 2:11
‘En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien…’
– Wanneer ons jonk is, is ons op onsself en ons behoeftes en begeertes gefokus.
– Maar terwyl ons groei en volwasse word, moet ons begin om die behoeftes van ander raak te sien.
– Ons kan nie almal se probleme oplos nie, maar ons kan ‘n verskil maak.
– Wanneer jy ‘sien’ wat ander moet hanteer, wees ‘n seën en help waar jy kan.
Gebed: Vader, help my om nie net met my eie situasie bemoeid te wees nie. Open die oë van my hart sodat ek die uitdagings kan sien wat ander moet hanteer. Vul my hart met deernis en help my om ‘n seën te wees. Amen.