1 Samuel 16:7b
‘…Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.’
– Wat diep in ons harte aangaan, is vir God belangrik.
– God sien jou hart.
– Hy weet wat aangaan en Hy word nie afgelei deur hoe dinge lyk nie.
– God se begrip en sorg gaan ver bokant menslike begrip.
Gebed: Vader, dankie dat U my hart sien. U ken my bedoelings en U sien my vanuit U perspektief en begrip. Help my om ander ook te sien soos U hulle sien en help my om ‘n seën vir hulle te wees. Amen.