Filippense 4:4
‘Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!’
– Elke nuwe dag gee ons die geleentheid om dankbaar en verheug te wees.
– Ons het almal probleme en bekommernisse wat ons moet hanteer.
– Ons het ook almal iets om voor dankbaar te wees.
– Vind vandag dit waarvoor jy dankbaar is en vier dit.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek in U verheug kan wees, selfs al is alles nie perfek nie. U het ons nooit ‘n perfekte lewe belowe nie, maar U het belowe om altyd met ons te wees en daarom kan ek bly wees en vier dat U nou met my is. Amen.
Welkom in Junie.