Psalm 23:6
‘Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; ….’
– Hoekom moet jy die toekoms vrees wanneer Sy goedheid en liefde jou sal dra?
– Jy kan die Here vir Sy liefde en barmhartigheid dwarsdeur jou lewe vertrou
– Sy liefde vir jou sal nimmer eindig nie en is onfeilbaar.
– Jy hoef nie te vrees dat Sy liefde een enkele dag nie vir jou daar sal wees nie.
Gebed: Vader, dank U vir U goedheid en U onfeilbare liefde vir my. Mag ek sonder twyfel weet, dat U liefde en sorg my sal dra al die dae van my lewe. Mag ek altyd lewe met hierdie ewige waarheid wat in my hart brand. Amen.