Romeine 8:31
‘…As God vír ons is, wie kan teen ons wees?’
– Die Here wil jou verseker van Sy onwrikbare ondersteuning.
– Met Hom aan jou sy, wat moet jy nou eintlik vrees?
– As gevolg hiervan kan jy seker en moedig wees.
– Glo dat Hy vir jou is en wat jy ook al moet aandurf, weet dat Hy met jou is.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my is, U is vir my en U liefde en sorg onderhou my. Help my om dinge in perspektief te hou sodat ek met vrymoedigheid en vertroue in U vorentoe kan tree. Amen.