Exodus 3:8
‘Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning,…’
– Die Here het ‘n plan en Sy planne vir jou is goed en nie vir die bose nie.
– Die Here wil in jou situasie intree en jou red.
– Die Here wil jou uit moeilike situasies lig en jou in ‘n goeie plek plaas.
– Die Here wil jou seën en vir jou voorsien – vertrou dus op Hom vir ‘n wonderwerk.
Gebed: Vader, dank U dat U my nie onbepaald op my eie laat sukkel nie. U betree my situasie om dinge om te draai. U is my Voorsiener en U is my Verlosser. Amen.