Johannes 10:10
‘Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.’
– Daar is twee opponerende kragte in ons lewens en die kontras is duidelik.
– Die dief; wat wil steel, doodmaak en vernietig.
– Die Here; Wat in ons lewens wil intree en vir ons Sy oorvloedige lewe gee.
– Kies die Here en Sy lewe, weerstaan die vyand en hy sal vlug.
Gebed: Vader, dankie dat U in my wêreld intree en U lewe ‘n lewende werklikheid in my lewe maak. Ek volstaan hiermee en ek weerstaan die vyand en sy planne vir vernietiging en ek omhels U lewe, U volheid en die oorvloed wat U vir my voorberei het. Amen.