1 Samuel 3:19 (NLV)
‘Samuel het grootgeword, en die Here was met hom. Alles wat hy gesê het, het waar geword.’
– Dwarsdeur jou lewe is die Here altyd met jou.
– Sy daaglikse teenwoordigheid maak al die verskil.
– Die Here maak jou effektief in alles wat jy sê en doen.
– Hy is nou met jou en Sy guns en leiding sal jou voortlei
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat net soos U met Samuel was, is U nou met my. Ek vra dat U my in elke stadium van my lewe sal rig en lei en my sal help om ‘n effektiewe instrument in U magtige hand te wees. Amen.