Filippense 4:13
‘Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.’
– Dit is ‘n nuwe dag, ‘n nuwe jaar en ‘n nuwe geleentheid.
– Waar jy die toekoms betree, weet dat Hy jou sal versterk.
– Gaan die toekoms met vertroue tegemoet, want Hy sal jou bemagtig.
– Omhels die nuwe jaar, met die vertroue dat Hy jou sal lei en jou die nodige krag sal gee!
Gebed: Vader, dankie vir die geleentheid van ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe seisoen en ‘n nuwe begin. Ek tree vorentoe met vertroue in U. U is my krag en ek kies om hand aan hand met U te loop terwyl ek die toekoms binne tree. Amen.
Welkom in 2025.