Exodus 3:7
‘En die Here sê: Ek het duidelik gesien die ellende van My volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.’
– Die Here ken elke detail van wat jy moet hanteer.
– Hy is bewus van die uitdagings en Hy sien jou ellende en wanhoop raak.
– Hy hoor jou gebede en hoe jy Hom aanroep.
– Hy is besorg oor jou welstand en daarom sal Hy ingryp.
Gebed: Vader, dank U dat niks vir U onopgemerk bly nie. U sien alles, U hoor alles, en U weet alles. Dank U dat U in U medelye en besorgdheid oor my sal intree en alles sal omdraai. Amen.