Daaglikse Bybel Vers: Spreuke 4:12
‘as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.’
– Die Here wil hê dat jy voorspoedig moet wees en nie struikel nie.
– Ons is dikwels so bang vir val dat ons nie eers probeer loop nie.
– Moenie toelaat dat jou vrese jou verhinder of beperk in wat jy kan doen nie.
– Tree met vertroue vorentoe, wetende dat Hy jou sal lei en standvastig maak.
Gebed: Vader, dankie dat U vandag die struikelblokke en slaggate voor my verwyder. Ek besef dat U my treë sal lei en dat U my sal beskerm sodat ek nie foute sal maak nie. Amen.