‘As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; …’
– Die Here wil nie hê dat ons doelloos moet lewe nie, Hy wil hê dat ons met visie moet leef.
– Mense wat ‘n visie in hul harte het, gloei met lewe.
– Moenie toelaat dat die visie en die droom in jou hart verdwyn en sterf nie.
– Hou die droom lewendig en glo dat God dit sal laat gebeur.
Gebed: Vader, ek kies om met visie en ‘n doel in my hart te lewe. Kom roer U planne en doelwitte binne-in my, sodat my hart en lewe met hoop en verwagting lewendig kan wees Amen.