‘Waarlik, daar is ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.’
– Met God in ons lewens is daar altyd die belofte van ‘n toekoms en ‘n hoop.
– Jy hoef nie moedeloos te raak nie en jy hoef nie op te gee nie.
– Jy kan aanhou glo dat God nogsteeds die finale sê in jou lewe het.
– Gryp dus hierdie hoop vas en glo dat dit nie teleurgestel sal word nie.
Gebed: Vader, dankie vir die vaste en voortdurende hoop en toekoms wat ek in U het. U is die Een wat alles nuut maak en U is die Een in Wie ek volle hoop en vertroue kan hê. Amen.