‘Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.’
– Die dinge wat ons met ons monde sê en uitter, is baie belangrik
– Lewe en dood lê in die mag van die tong.
– Onbeteuelde en reaksionêre praatjies kan ons lewens verwoes en vernietig.
– Kom ons spreek lewe oor ons eie lewens en ook oor die lewens van ander mense.
Gebed: Vader, suiwer my lippe. Mag geen ledige of selfsugtige woorde uit my mond kom nie, maar mag ek lewe en hoop spreek oor elke persoon en situasie wat ek teëkom. Amen.