‘maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.’
– Hierdie belofte word aan elkeen van ons gemaak, ongeag ons omstandighede.
– Christus is ons wysheid, en die wysheid wat ons nodig het om ons daaglikse lewens uit te leef.
– As ons Hom en sy wysheid volg, kan ons in vrede en harmonie lewe.
– Terwyl ons HOM volg, kan ons vry van die vrees lewe, maak nie saak watter vorm dit aanneem nie.
Gebed: Vader, Ek kies om volgens U weë en U wysheid te lewe. Terwyl ek probeer om in u weë te wandel, mag ek die vrede en sekuriteit ken wat net U vir my kan gee. Amen.