‘Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.’
– Die goedheid en vrygewigheid van ons lewens sal nie onbeloon bly nie.
– Wanneer ons tot seën vir ander is, sal ons lewens ook geseënd wees.
– Daar is soveel wyses waarop ons goedheid aan ander kan betoon.
– Vandag is nog ‘n geleentheid om tot seën vir diegene om jou te wees.
Gebed: Vader, mag my lewe tot seën vir ander wees. Help my om nie selfsugtig te wees nie, maar mag ek goed en vrygewig teenoor ander wees, net soos U was toe U, U lewe vir ander afgelê het. Amen.