‘…..; want die man (Boas) sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie.’
– Rut het geweet dat sy kon vertrou dat Boas sou doen wat hy belowe het.
– Ons kan die Here ook so vertrou, dat Hy sal doen wat Hy gesê het dat Hy sal doen.
– Ons kan ook Jesus se voorbeeld volg en mense wees wat ons woord hou.
– As jy besig is om die Here vir iets te vertrou, wees verseker dat Hy jou sal antwoord.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan vertrou om dit wat U belowe het om in my lewe en my situasie te doen, te laat geskied. Ek sal my volkome berus, wetende dat U sal uitvoer dit wat U belowe het. Amen.