‘en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! – daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.’
– Die Here is die groot Hersteller en Hy kan situasies omdraai.
– In die presiese area waar mense dood oor jou uitgespreek het, kan Hy lewe bring.
– Moenie toelaat dat wat mense sê, meer outoriteit hê as dit wat die Here sê nie.
– Hy sal die mense wat jou gebind het laat kom en die toue verwyder.
Gebed: Vader, ek herken vandag dat U my groot Hersteller is. U gedagtes en woorde teenoor my sal altyd die waarheid wees en dit wat mense mag sê sal nie U planne vir my lewe verander nie. Amen.