‘Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.’
– Daar is twee maniere om te lewe; deur die vleeslike natuur gelei of deur die Gees gelei.
– Elke manier bring sy eie resultate en belonings.
– Wanneer die Here, en Sy Gees, in beheer is, bring Hy lewe en vrede.
– Ons begeer almal ‘lewe en vrede’, laat ons dan toelaat dat Sy Gees ons lei.
Gebed: Vader, vergewe dat ek so dikwels toelaat dat my lewe deur my menslike natuur en begeertes gelei word. Ek onderwerp myself onder U magtige hande en vra dat U my lewe sal lei en beheer. Amen.